Volla: 083 636 1555    
Linda: 082 338 1954    

BOERTJIE KONTREIFEES
   
POSBUS 496,
BULTFONTEIN,
9670
   
     
Gewaardeerde Uitstaller
 
   

Bultfontein Boertjie Fees is al klaar hard aan die werk om die jaar van die fees ‘n sukses te maak. Die fees word beplan vir 2 tot 5 September 2010 en ons wil jul al op 12h00 slaggereed he sodat die
BEOORDELING VAN DIE VERTONERS al om 14h00 op Donderdag kan plaasvind. U mag u uitstalling op 4 September na die vertonings oppak. Sondag is 'n Gospelsondag. Ons is bewus van die feit dat u produk van hoe gehalte is en daarom nooi ons u uit om u produk/ items / ens te kom uitstal.

Ons nooi u ook uit na die VERTONERS-ONTHAAL op Donderdag vanaf 19H00. Stalletjies kan van vroeg af Donderdag gereed gemaak word om 12H00 gereed te wees. Omdat ons as gevolg van 2009 se sukses baie groot belangstelling het en ons nie weer gaan tente opslaan nie, sal ons wardeer indien u so gou as moontlik u inskrywings doen met 'n 50% deposito wat u moet inbetaal en u depositobewys deurfaks. Geen uitstalruimte sal gehou word nie en sal geplaas word volgens bespreking en deposito betaal. Die feeskomitee gaan die jaar meer as een per artikel volgens goedkeuring plaas.

 
Hier is egter ‘n paar uiters belangrike inligting wat u sorgvuldig moet deurlees en invul waar nodig en terugfaks met u in-skrywingsgeld asook verblyf indien u dit benodig:
1. SEKURITEIT: Die SAPD en onafhanklik sekuriteitsmaat-skappy sal vanaf Woensdagaand tot Sondagmiddag die skougronde beveilig.  Die Bestuur aanvaar geen aanspreeklikheid van enige skade, diefstal, verlies, beserings of dood tydens die fees nie.
   
2. AKKOMMODASIE: Skakel self Rika Boye by 0518531294 vir verblyf in die koshuis. 'n Kamer, karavaanstaanplek of verblyf sal NIE bespreek word alvorens die volle bedrag betaal is nie.
   
3. BINNE UITSTALLERS: Die koste is R800 vir ‘n 3x3m vir die tydperk + R100 vir ‘n kragpunt waarvoor u ‘n verlengstuk moet saambring.Elke stalletjie het afskorting. Kontak Riana Earle by 0825776562 vir navrae.Sale word om 08h00 oopgesluit.
   
4. BUITE UITSTALLERS: Die koste is R800 vir ‘n karavaan of 6x6m + R100 vir ‘n kragpunt;   R1500 vir ‘n 10x10 + R100 vir ‘n kragpunt. Kontak Christo Venter by 0824616200. Bring 'n ink naamstempel saam vir 'n kompetisie.
   
5. Opruiming van stalletjies: Streng: Na die feesverrigtinge verby is.
   
6. EIE STOELE EN TAFELS: Elke uitstaller moet sy of haar eie stoele en tafels en elektriese verlengstukke voorsien.
   
7. SLEGS 2 KAARTJIES PER UITSTALLING: Slegs 2 gratis kaartjies sal per uitstalling voorsien word en meer lede sal toegangsgeld moet betaal. NBNBNBNBNB!!!! Uitstallers moet ‘n addisionele toegang by die vertonings saans in die VOLLASSAAL betaal. Geen vertoner van vee of uitstallers sal gratis kaartjies vir die kunstenaars ontvang nie en vriende en familie betaal ten volle by hek en deur.
   
8. MOTORVOERTUIE: Motors moet so gou moontlik na aflaai na die aangewese terrein geneem word.
   
9. SPEELGOED: GEEN MAAR GEEN BB-GUNS EN SPEEL-GOEDWAPENS wat skiet MAG VERKOOP WORD NIE:Die kinders het die perde en mense daarmee geskiet en een persoon is onder die oog getref wat ‘n blou oog veroorsaak het en kinders speel "cowboy+crooks" daarmee. Uitstalling sal summier toegemaak word!!!!!!
   
10. BETALING VAN STALLETJIES: STRENG beleid is dat  stalletjies met bespreking betaal moet word, maar dat ons graag uitstallers tegemoet wil kom deurdat 50% deposito met bespreking betall moet word. Geen stalletjie of verblyf sal geboek word alvorens dit gedoen is nie. Die sperdatum vir die volle bedrag is 60 werksdae voor die fees en u geld sal slegs terugbetaal word indien u 14 werksdae voor die fees met grondige rede kanselleer. Die kommitee het die reg om self die aantal per tipe uitstalling te bepaal en GEEN uitstaller sal voorwaardes en eise daaroor stel nie.

Geen uitstaller, vertoner of fotograaf het alleenreg op enige form van deelname of die fees nie!!!!!!!!!
   
11. BETALING:

BULTFONTEIN LANDBOUGENOOTSKAP,
ABSA BULTFONTEIN,
TAKKODE 334235,
TJEKNO 810220112.
FAKS ASB INBETALINGS- EN VERBLYFBESPREKINGS BEWYS NA 0518531912 OF 0880518531912

Volle betaling streng 30 dae voor die fees anders verbeur deposito en staanruimte

3m x 3m R 800 met krag R900
6m x 6m R800 met krag R900
10m x 10m R1500 met krag R1600
Borg vanaf R10 000 kry een gratis uitstalruimte
 
 
Inskryf Vorms:

LET WEL: Laai dokument af, druk dit uit en faks of e-pos dit terug na:
Faks: 051 853 1912
E-pos: vollaboertjiefees@vodamail.co.za


Boertjiefees Uitstallers
 
Boertjie Kontreifees Karavaanpark
 
Mnr en Mej. Boertjiefees 2010
 
Boertjiefees Wedloop

 

SANTAM LANDBOU BOERTJIE KONTREIFEES Fiets Wedren
© Copyright to Volla Boertjiefees 2009 / 2010

Tuisblad || Program || Kunstenaars || Inskryf vorm || Kompetisies || Vermaak || Akkommodasie || Kontak Ons || Album