|
Bultfontein se Boertjie Kontreifees wat 2-5 September 2010 plaasvind, is nog maande ver, maar Volla, die Boertjie Fees
se drywer, se sweep klap nou behoorlik en sy
komitee-spannetjie trek dat die sweet en klippe spat met al
die swaar, maar uiters waarde-vir-geld-ware wat hulle die
afgelope jaar bymekaar gaan maak. Hulle het plek vir iemand
wat dalk wil kom saamry deur deelname,uitstalling of sommer
net 'n handjie bysit. Skakel Volla by 0836361555 sodat die
wa sy draai by jou kan gooi vir inskrywing of inligting! Ons
gaan met mening feesvier! Volla het nie verniet die groot
VOLLAS Ontspanningsaal gebou wat duisende feesgangers tydens
optredes en vertonings kan huisves nie!
Daar beloof genoeg vermaak te wees vir
jonk en oud met kunstenaars soos Ray Dylan, Eden, Nadine,
Arno Jordaan asook die Singende Ruiter! Kom geniet die fees
saam met ons!
KAARTJIES TE KOOP
Pakketkaartjies is te
koop:
R150 vir Volwassenes en
R100 vir skoolkinders en
pensioenarisse waarmee feesgangers al drie dae se
feesviering en optredes van kunstenaars kan kyk.
Andersins
gaan dit volwassenes R30 per dag by die hek wees asook R50
by die optredes. Skoolkinders en pen-sioenarisse sal R15 by
die hek betaal en R30 by die optredes.
Skakel Volla du Plessis
by 0836361555 vir pakketkaartjies.
Lees meer...
|