Santam Landbou
BoertjieKontreifees 2012
|
Aksie Atraksie |
Aktiwiteite & Vermaak Kompetisies |
Onderhewig aan Veranderinge
||
||
||
||
||
|
|
Internasionale boerwindhondkampioenskap, bees & skaapkampioenskappe, mode perades tot boeresport & kaskenades. Als gebeur by die BoertjieKontreifees
2012. Hier sal jy 'n lang lys kry van
al die kompetisies, aktiwiteite en vermaak vir oud en jonk wat die jaar die BKF wit warm en vol pret sal maak. Skryf jouself nou in vir 'n pretdraf of bergfietswedren of wees 'n toeskouer van al
die aksie soos trompoppies en allerlei sport. Altyd pryse om te wen. Kry die inskrywingsvorms hier. Wees daar en bring jou vriende saam.
Obstacles are those frightful things you see when you take your eyes off your goal.
~Henry Ford
|
|
|
|
BoertjieKontreifees 2012 |
Wat om te doen. |
|
|
Voortrekkers Trompoppies Bulletjie Rugby Lugduik Pienkhandtjie Netbal Hondevertoning Perdevertoning Boeresport & Kaskenades
• Bokdrolspoeg • Gaar-Eiergooi • Touchrugby • Romdomtalie • Roomys Eet • Sakresies • Kettieskiet • Driebeen
...en talle meer.
|
|
|
|
BoertjieKontreifees 2012 |
Wen groot pryse. |
|
Sokker Toutrek Sterkmankompetisie Potjiekoskompetisie Bestuursvermoëkompetisie Halfmarathon Pretdraf Bergfietswedren Vierwielmotorfietse 4X4
Mnr. & Mej. Boertjiefees Babakompetisie Boerwindhondkampioenskap Boerboelkompetisie Jeugskou Beeskampioenskappe Skaapkampioenskappe Boerbokkampioenskappe Saalperde
Vlugbal Grassnyerwedren ... en talle meer
|
|
|
|
|
1 September 2012 |
Tom 084 514 5697 |
|
|
Die derde boerwindhondkampioenskap in die wêreld is op Saterdag
1
September 2012 op die Santam Landbou BoertjieKontreifees gehou en honderde
boerwindhonde vanoor die land het ingeskryf. Op
1 September 2012 doen ons
dit weer! Die Boerwindhond
Vereniging is gestig op 12 Mei 2007 waar daar rasstandaarde vir die SA
boerwindhond vasgestel is en daardeur keuring gehou word om honde wat aan
die rasstandaarde voldoen, te registreer en so die ras te verbeter en net
die beste honde te teel.
Die SA boerwindhond is die mees veelsydigste honde ras ter wereld, want die
hond word gebruik vir wedrenne, kompetisies om sy ratsheid te toon, beheer
van ongediertes, as troeteldier, waghond en skouhond. Een van sy sterkste
eienskappe is sy temperament waar hy as een van die beste gesinshonde beskou
word. Die honde is liefdevol, gehoorsaam en intelligent en word baie agter
op bakkies gesien. Daarby is hulle skoon en betroubaar, het spoed en
beweeglikheid en is van koninklike afkoms waar 'n mens hul gereeld in
portrette en skilderye saam met koninklikes kan sien. Eenmaal 'n
windhondliefhebber, altyd een!
Tydens die BoertjieKontreifees gaan die honde beoordeel word en gaan daar
die middag om 17h00 'n parade en prysuitdeling wees waar die groot kampioen
aangewys gaan word. Daar is gladdehaar en steekhaar boerwindhonde.
Beoordelaars gaan onder andere daarop let dat die kop mooi gevorm is, die
ore smal en fyn in tekstuur, die oe donker, helder en intelligent, die nek
lank en gespierd, skouers so skuins as moontlik, voorbene heeltemal reguit
wat mooi uit die skouers uitkom, 'n diep bors met 'n krom rug, lang kruis
met 'n gespierde agterkwart en dat die hond mooi opgetrekte voete en 'n lang
fyn stert het. 'n Hond moet dan 'n minimum van 70% kry by 'n keuring om te
slaag om in aanmerking te kom vir registrasie.
Indien enige leser meer navrae wil doen oor die besondere honderas, kan
Tom
by
084 514 5697 kontak. Ons nooi almal uit om na die besonder
geleentheid wat die enigste in die wêreld is.
Kom vang gees by die BoertjieKontreifees. Dit is waar jy en jou boerwindhonde moet wees!
|
|
|
|
|
30 Augustus - 1 September 2012 |
Lolla Geyer 082 466 4022 |
|
|
Die perde vertoners was laasjaar so beindruk met die hele opset van die fees
asook hoe goed dit georganiseerd was, dat hulle tydens groettyd gesë het dat
hulle hierdie jaar weer gaan kom kuier. Bultfontein is sentraal gelee met
'n terrein wat oor die nodige perd, skaap en bees fasiliteite beskik waar
die vertonings, kompetisies en kampioenskappe van
30 Augustus - 1 SEPTEMBER 2012 gaan
plaasvind. Wat dit so besonders maak teen ander vertonings en
kampioenskappe is dat die fees aan die vertoners en kuiergaste ander
feesvieringe bied om bedags en saans aan deel te neem. Bedags gaan die wie
nie hulle perde vertoon of aan 'n kampioenskap deelneem nie, heerlik
saamskree met ander feesgangers. Die trompoppies, pienkhandjie netbal,
bulletjie rugby, chokkersokker, stoei, boere sport, 4x4 kompetisie asook
ander vermaak gaan die adrenalien laat vloei. Voeg daarby al ons
kunstenaars asook al die uitstallers en kompetisies en ons
saalperdvriende gaan nie hande gevou sit nie! Slegs beoordelaars, baan
beamptes, vertoners, ruiters en swart helpers sal gratis kaartjies vir
deelname ontvang met toegang by die optredes opsioneel en alle ander gaste,
familie en vriende sal ten volle hulle toegang by die hek en optredes saans
betaal.
Laasjaar se vertonings was baie goed met 'n wye keuse en ons is verheug om
te verneem dat vanjaar se streek kampioenskap vir saalperde weereens aan ons toegeken
is. Wenners was verras oor die goeie prysgelde. Ons vra vir alle
voornemende deelnemers se bedagsaamheid om asseblief vroegtydig in te skryf
en te bespreek sodat die komitee 'n riglyn kan kry vir hoeveel hulle moet
gereed maak en ook om genoeg eet en drink goed te bespreek. Kontak
Lolla Geyer
by
082 466 4022 in verband met saalperde en
inskrywingsvorm.
Inskrywingsgeld sal voor 'n sperdatum betaal word, elke stal sal vooraf
betaal word en daar gaan 'n inskrywings sperdatum wees om dit vir die
organiseerders te vergemaklik. Indien jy kanselleer, sal inskrywingsgeld
verbeur word. Skakel vir ander inligting
Volla by
083 636 1555.
Daar is akkommodasie by die koshuis vir bed en ontbyt deur
Charlene Vorster
by
082 920 3262
te skakel asook 'n karavaanstaanplek op die terrein by
Dawie Strauss by
082 446 9087.
'n Restaurant gaan spesiale goedkoop "platters" vir werknemers
maak en daar gaan genoeg te eet en drinke wees.
Wees hierdie jaar by die BoertjieKontreifees en kom vang gees, want dit is waar elke saalperd liefhebber moet wees.
|
|
|
|
|
1 SEPTEMBER 2012 |
Sikkie Strauss 083 304 8228 |
|
|
Alle jong kinders wat belangstel om tydens die BoertjieKontreifees op
1 September in 'n vriendskaplike jeugskou waar die Vrystaatse span teenwoordig gaan wees,
word hartlik uitgenooi om op Saterdag 1 September vanaf 08H00 gereed te maak
om aan 'n vriendskaplike kompetisie deel te neem. Kom seuns en dogters, kom
geniet op 'n ontspanne manier die lekkerte om saam met julle diere vriende
die middag vir feesgangers te wys dat julle nie een oomblik hoef terug te
staan vir die grootmense nie, en geniet dan sommer daarna die toutrekkompetisie en 4x4
tussen die feesgangers en vra pa en ma om die aand saam
met jou te geniet.
Pa en Ma, inspireer jou kind en bring hom of haar na die jeugskou. Met
hierdie geleentheid word daar aan die kinders die kans gegee om hul liefde
vir diere uit te leef en te versterk. Die feeskomitee, saam met die
organiseerders van die Jeugskou, poog hiermee om kinders oor alle grense
heen te leer om saam te werk, te kompeteer asook om 'n gesindheid te kweek
en uit te bou waar die klem op die kwaliteite van die kinders gele word en
nie op die dier nie. Hier word die kind alreeds blootgestel aan
verantwoordelikhede soos dissipline, liefde, versorging van diere en die
ontwikkeling van leiereienskappe om die landbou van ons land aan die jeug
bekend te stel en te bevorder. So kan ons nuwe leiers identifiseer om verder
te kwalifiseer en omdat hulle die toekoms van Suid Afrika is.
Daar gaan in 'n junior (6-14 jaar) asook 'n senior (14-18 jaar) kategorie
deelgeneem word. Alle diere moet ras-eg wees en slegs skoumanskap word
beoordeel. Hier word gekyk of die kind die dier kan hanteer en hoe die kind
en die dier vertoon. Netheid, spoed en dissipline sal onder andere
beoordeel word.
|
|
|
|
|